Sou graag self wou finiansier maar ek is 'n bietjie swaar gepenalsieer omdat ek op 57 "besluit" het om af te tree.
Die idee van die webtuiste is om leerders beter toe te rus in die vak Lewenswetenskappe.
Daar sal skakels wees na my youtube kanaal waar ek GR8 – GR12 inhoud gratis beskikbaar maak vir leerders.
Ek wil 'n spel-afdeling op sit waar leerders kistvrae, blokkiesraaisels en woordsoek aktiwiteite kan doen.
Hulle sal ook vir my vrae deur 'n "kletsboks" kan stel wat ek persoonlik sal beantwoord.
Daar is nog idees soos "weekly fun facts" wat ek graag sou wou inkorporeer.
Omdat die web bitter swak afrikaans georienteerd is kos dit baie om afrikaanse data te laai en te begin bou aan 'n informasie-bron waaruit die speletjies en funfact informasie outomatiese op 'n weeklikse of maandelikse basis getrek kan word.
Daar is ook natuurlike 'n maandelikse fooi om die webtuiste te "host" maar ek sal oor daai brug dink as ek eers by hom kom.
Sal dit baie waardeer indien iemand in my idee kan inkoop. Ek is maar nuut met hierdie dinge en leer maar soos ek vorentoe kruip. 🙂
Dank by voorbaat.